![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjnEntcbwyfRD7ZqH-SYOkYCAN_hwKL6h4W9quqGZk5DZTXuWkEIISwEIwdMjojU4H1_yQe8ESb7H5yZWsxgBF2llDWX_ltz8IsTRMgAZzeRH3kqlt3H3xcx-Cc3xoZb5rA47NJYRvyEaw/s1600/Colyn_Baking-2073-2.jpg)
Vir 'n baie lang tyd hou ek my al besig met die dinge rondom brood en vir my het brood so spesiale plekkie in die lewe. Sowat 4 jaar gelede is ek gediagnoseer met Sindroom X en dit het beteken dat ek moet wegbly van hoë GI eetgoed. Dit was 'n slag vir my want ek is dol oor brood en aartappels. Maar nouja, as mens se gesondheid ingee dan maak jy 'n plan of jy betaal die prys.
Ek het my brood verbruik dramaties gesny tot op a punt waar ek selde meer as twee keer per week enige brood eet. Dit het egter nie my beheptheid met brood laat afneem nie want soos ons almal weet ... brood is man kos sonder gelyke. Die gewildheid van my Steakbroodjie is bewys hiervan.
Laat ek dit ook sommer dadelik duidelik maak, vandag se storie gaan oor die bak van die brood, nie oor resepte nie. Deesdae kyk meeste van ons met kwylende monde na die kokke se koskenades op televisie en menigmaal dan skud jy maar net jou kop en mompel onderlangs. Party van hulle kry dit goed reg om my te laat voel my ma moes my eintlik teruggegee het vir die Nursing Home.
In my kinderdae het ons helde gehad soos Superman, Batman, Mannetjies Roux en Frik du Preez. Vandag is name soos Gordon Ramsey, Heston Blumethal en Paul Hollywood soos daai helde van ouds. Om goeie kos te kan maak het skielik op die voorgrond gespring en ons word geinspireer deur die Kokkedore en die Masterchefs.
Nou gaan ek julle vertel hoe om 'n eenvoudig oninterresante pakkie SPAR deeg te omtower in 'n lip aflek lekker broodjie. Ja jy het reg gelees ... dood gewone SPAR deeg.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgRZRucnZd4aQY_Y9pmxS4lyLA-9oO0VMLW1JDf4IImY7rem5Wd1EqZS0WvngUgBKQQvuhULmNpMIgDsRypXRoYhN43kVCdFJuxHRLyvRRvsWYeZ1Bxhxp1cuJi0cbQUE9SO8zs1xHNIsY/s1600/Colyn_Baking-2072.jpg)
1. Sit a bakpan onder in jou oond tussen die elemente.
2. Olyfolie.
3. Sproei botteltjie met water.
4. So bierbeker vol ys. As jy nie ys het nie sal so 250 ml water ook reg wees.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhGwWS2DcveiUE90YnWufcHBY8r3QZMeriL1wy40DMcmgdLHuzZyevYvTzI-tQmYEpo5_ZPWCPXwQ_Bbec-M2-fy1dmcZt6Kj-4spBOWq7FnYuxECeaDNHl28kJ9mXR-s4XQSW-rItLtA0/s1600/Colyn_Baking-2064.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEisE4k3uD2KUf51VPJYdotjKBLXXUgvboXCUjIY8JzPdgG9uqsReaB5xDrSCgu8lbMnPXA_DlUpoiksO15W0JL0RQ4dWRlSdXOgkWHZ6W44iLqhyQg4peLxiBrUOOBLgxNp8bQI_dVSmtA/s1600/Colyn_Baking-2066.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEjFlHdx9qtgjpY5yycydzy6zm0YqntAGSo81vW3NmWA8jbIG_F_d7mVqY_X81VHjDJ8T3dkOmCdYWjLMiWW-cfOb8Gl8MCilGnOPUOA6Cm09c5Tpt2bp-EKlghhG3rqz5oR47QFSjUYdtg/s1600/Colyn_Baking-2067.jpg)
Laat dit nou toe om te rys. Ek maak gewoonlik my oond so bietjie warm en dan sit ek dit af en plaas die pan met brode in die oond met 'n vadoek oor. Moenie te warm maak nie want dan gaan die gis dood. Maar elkeen het tog seker sy geliefde manier van deeg laat rys. Jy het net 'n lekker warm plekkie nodig. Vir my vat dit so 30 minute.
Maak jou oond nou lekker warm, 210 C ... en sit jou rakkie in die middel rond, nie te laag nie want dan gaan jy jou brood onder brand.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEhL03TcQUHOH9Up81f8lXWdANYUaeD7MRJKtiUHKQ8iMb3lSkhsY-Ox2PE2DGZTxmTEOfwARK7GfBx2FSaL6Oq_UTFhzwjf6TRZCnLECL9p-O_YCFRFdX4WxJ4bJZajixonIvLbp8pM5xk/s1600/Colyn_Baking-2070.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEggCjVl_lxMbbF7xcQRL9f_MKcMFtaM7Ji0JYPPbiPVE-11hoWj1Z2mk-Cef0Ry2-G-hzNmJ2UZsxDxeDz6AWgdrKm1vM8kt8Zu0eMPHd55GlXvTV3oO461LgvcZVf5krVWE_oE1peJ8G0/s1600/Colyn_Baking-2076.jpg)
Draai nou die temperatuur af na 170 C toe en bak verder vir 20 minute. Nou behoort jy 'n mooi goudbruin broodkors te sien.
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgs8razvf6vI7vbDE_6lmN4KmHCb9G7kk6DoNJ4t0D-W6C5RHYcyZxaEYpjvxiLRKRrrppFVp9-Zc6CPBeG7KmCm085nPr4ALRvqsttbWsNgXk3QQAJ7TJB0jHUONcoYsB7FrklCGphLM8/s1600/Colyn_Baking-2074.jpg)
![](https://blogger.googleusercontent.com/img/b/R29vZ2xl/AVvXsEgQbUGox5sI7da632SmBPkphwgj-7mSfkkv24pPuuHT1nCbXSN2CtPEd_W2hSbPx5DyJoM38IRE1Cy4JRcuZSPMItPl2tPii1TVmBrCO6NEMriije1ArKUVG7op8xkx40fwY-OBEEt4_9s/s1600/Colyn_Baking-2079-2.jpg)
Ek hoop dat ek julle almal nou kon inspireer om die vaal sakkie SPAR deeg in 'n heerlike lekkerte te omskep.
Wees so vriendelik en "Follow" my hier en SHARE dit ook wyd en suid. Ons maak nie geld uit die goed uit nie maar dis baie lekker om te sien jy kry baie lesers. O ja en +1 is ook belangrik.
Lekker eet tot ek weer 'n storie skryf.
Lees ook gerus my Briekmerke Blog.
Genade dit lyk HEERLIK**en die vog in die pan en die sproei maak n groot verskil aan jou broodkorsie Dankie vir die Deel daarvan**
AntwoordVee uitJy is reg Helena ... die olie, sproei en die water in die pan is alles deel van a lekker korsie. Daardie tweede bak sessie teen die laer temperatuur is ook baie belangrik vir die kors ontwikkeling.
Vee uitGrote Griet, ek sal my Outop se voorgebit gee om weer Spardeeg in die hande te kan kry. Diekant van die aardbol moes ons maar naasbeste doen en self 'n degie brou met Gatkantlandse (Down Under ala Australia) bestanddele. Duisend en tien dankies vir die deel van hierdie!
AntwoordVee uitSnaaks hoe daar seker dinge in die lewe is wat ons sommer net aanvaar as vanselfsprekend en dan later as dit weg is dan besef ons eers wat ons gehad het.
Vee uit