
Nouja, nostalgie kan ons mos soms aan die kook sit en so was dit vir my met die koekies.
Ek het 'n post op 'n Facebook blad gelees oor die goedjies en terstons besluit ek moet dit verseker maak.
Ek was egter lus vir so bietjie vernuwing hier en die Facebook post het genoem dat daar a Bar One bygesit is. Vir my het die kinkel begin toe ek die Rice Krispies wou koop ... daar was nie maar ek sien toe die van Jungle raak ... Oat Crispies.


Laat ek net nou noem ... sodra jy die taai goeters alles gesmelt het, en pasop vir te warm want dan brand dit, dan moet jy katstaan want daar is nie tyd nie. Gooi die krispies in die pot en roer met a houtlepel. Steek hom diep in en dop om, steek en dop om en so gaan jy aan totdat jy alles mooi gemeng het. Wees versigtig om nie die krispies te vermorsel nie.

Nou kan jy effens ontspan. Ek laat sommer dadelik warmwater in die pot inloop en krap die taai goeters los met die houtlepel. Jy wil nie die storie laat koud word nie want dan gaan die pot skoonmakery nou regtig 'n taai stryd afgee.
Sodra die pan goed afgekoel het plaas ek dit vir so 10 minute in die vrieskas. Keer die pan om op a snyplank en met 'n lekker skerp mes sny jy die koekies op in porsies.

Hier is die resep ...
Helena Kruger
Ok ek het dit ook gemaak maar met net so n kinkeltjie by*Bare-Ones **
RICE CRISPIES KOEKIES
Helena Kruger
*My Verwerking*
3½ eetl botter
40 marshmallows [in stukkies gesny]
6 kop Rice Crispies
1 t vanilla geursel
1x100gr Bare-One [in stukkies gesny]
knippie sout
Smelt botter, voeg Marshmallows en Bar-One by en roer teen lae hitte
Vat pot weg van hite en voeg vanilla geursel en sout by en roer
Voeg Rice Crispies by en roer goed
Krap in bak,[gesmeer] wag tot afgekoel en sny in blokkies*
Baie lekker*3/12/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/rice-crispy-koekies.html
Ok ek het dit ook gemaak maar met net so n kinkeltjie by*Bare-Ones **
RICE CRISPIES KOEKIES
Helena Kruger
*My Verwerking*
3½ eetl botter
40 marshmallows [in stukkies gesny]
6 kop Rice Crispies
1 t vanilla geursel
1x100gr Bare-One [in stukkies gesny]
knippie sout
Smelt botter, voeg Marshmallows en Bar-One by en roer teen lae hitte
Vat pot weg van hite en voeg vanilla geursel en sout by en roer
Voeg Rice Crispies by en roer goed
Krap in bak,[gesmeer] wag tot afgekoel en sny in blokkies*
Baie lekker*3/12/13
http://lekkerreseptevirdiejongergeslag.blogspot.com/2013/05/rice-crispy-koekies.html
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.
Greetings
Colyn.