Ham en kaas varkies |
Nouja ek is nogal bekend daarvoor dat ek 'n towenaar is met oorskiet kos uit die yskas. Meeste kere is dit verseker sulke ONE HIT WONDERS want die oorskiet is mos nie altyd dieselfde nie.
Lekker Ham |
Ham en kaas rolletjies |
Ek sit een repie kaas op die kand van die ham en rol hom om. Nog 'n repie en maak die rolletjie klaar.
Mosterd op die brood |
Volgende vat ek sny prood, hierdie keer sny ek nie die korsies af nie. Rol hom lekker plat met die koekroller, as jy pas opgebreek het met jou liefie en sy het die kombuisgekry, gebruik sommer 'n brandewyn bottel.
Brood en ham rolletjies |
Smeer mosterd op die brood en rol die ham rolletjie daarin toe.
Bacon om en reg vir die oond |
Volgende draai ek bacon repies om die hele rolletjie en daar lĂȘ die Man Kos Varkie, reg vir die oond.
15 minute later ... |
Ek het dit bedien met suikermielies en 'n slaai. Jy kan dit saam met eiers bedien dan het jy die hele ontbyt.
'n Lekker kaas en sampieone sous sal ook baie lekker wees as jy dit oor die varkies gooi. Die moontlikhede is groot.
Hierdie kan die basis vorm van 'n baie lekker Saterdagoggend ontbyt.
Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.
Hier is my Facebook blad ... Man Kos ... Like hom stukkend as jy wil.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.
Greetings
Colyn.