Vrydag 11 April 2014

Hoender - Maaltyd met memories

Nouja ... soos menige ander het ek Donderdagaand voor die TV ingeskuif en geduldig gewag dat Kokkedoor 2 moet afskop. Weliswaar het die hoop nie beskaam nie en die program is reg in die gees van Kokkedoor.

Maar ek gaan nou nie 'n ding skryf oor die program nie, nee ek gaan skryf oor wat dit vir my gedoen het.

Met 'n effense glimlag op my gesig het na die deelnemers se gesigte gekyk toe hulle met die hoender uitdaging gegooi word. Kokkedoor 2014 het afgeskop met hoender resepte.

Moet darem noem ... jis ek het nogal nice pogings gesien en as mens inagneem dat die klomp "Onthou Kokke" se senuwees aan flarde was.

Vanoggend suig ek so aan my eerste Camel terwyl die reuk van koffie om my draai en ek staar uit oor my tuin.

"Wat sou ek gedoen het ?"

Poppie kom in my kantoor in met beskuit en kyk my so skeef aan ... en so wraggies vra sy dieselfde ding.

Gaste ... Andrè en Vera
Dit het my kop laat werk en ek begin ernstig wonder wat sou ek gedoen het. Belangrikste is dat die hoender die ster moet wees en dat daar verseker nostalgie betrokke moet wees. Teen tien uur het ek my planne agtermekaar en stel Poppie in kennis dat ons vannaand gaste gaan hê.






Hier is my spyskaart;

Hoenderhart Stampmielie Risotto
1. Voorgereg: Hoenderhart en Stampmielie Risotto.
Kom sit aan en geniet so terugflits in die verlede in, na 'n tyd toe geld skaars was en basiese kos die enigste was. 







Hoender dye en boudjies met chips
2. Hoofgereg: Ontbeende Hoender Dye en Boudjies met krakerige skyfies.
Nou is ons in 'n tyd waar dit beter gaan en ons beter eet. DIe luuksheid van diepbraai en speserye na hartelus.







Appel Fritters met Suurlemoen Room
3. Nagereg: Appel Fritters met Kaneelsuiker en Suurlemoen Room.
Hoender werk nie vir nagereg nie so ons kies maar koers boord toe met so draai by die melkstal verby.








Nouja, my gaste het dit geniet en ons is dik vriende uitmekaar.

Ek dink ek het die hoender laat koning kraai ... wat dink jy ?

Hier is my Facebook bladsy.

Lekker kook tot ek weer 'n storie skryf.





Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.