Maandag 04 Augustus 2014

Brood - Ham, kaas en mosterd rolletjie

Dis weer Sondagoggend en is lus vir ietsie lekker om te eet maar meer, ek soek ietsie wat indrukwekkend kan wees. Die laaste tyd het ek met baie goed geeksperimenteer en party het maar redelik skeef uitgekom. Maar in die proses het altyd ietsie geleer.

Die rolletjies is nou lekker Man Kos wat vrouens ook van hou en die kinders is mal daaroor.

Ham, kaas en mosterd rolletjie
Hierdie rolletjies is regtig lekker en dis maklik om te maak. Ek en my warm hande en pastei deeg is gladnie lief vir mekaar nie en ek het vrede gemaak daarmee. Toe ontdek ek die wonderlike wêreld van platgerolde brood ... en net daar toe skop my brein in overdrive in ... ek het reeds twee stories oor dit geskryf ...



Bacon Snaxie vir die manne ...
Ham en Kaas Varkies ...

Vandag gaan ek voort op die tema maar ek gaan julle mooi wys hoe ek dit gemaak het sodat jy jou eie verbeelding kan gebruik en wonderlike snaxies optower.

Belangrikste is lekker vars gesny brood te kry ... die spesiale brode in die plastiek sakkies werk baie goed. Ek gaan vandag die volgraan lae GI een gebruik. Ek sny ook nie die korsies af nie want die korsie help dat die vulsel nie uitloop nie.

Ek het 8 van die rolletjies gemaak.

Die bestandele
Benodighede:
1. Vars gesnyde brood.
2. Roomkaas
3. Gerasperde Cheddar
4. Toebroodjie ham
5. Heel korrel mosterd
6. Eiers - Ek het twee gebruik.
7. Brood krummels
9. Olie, botter of varkvet - Ek het varkvet gebruik.
So het ek dit gesmeer

Begin deur jou snye brood mooi plat te rol met 'n koekroller ... ek het al gesien manne doen dit met 'n wynbottel of rum bottel. Vrouens het glo die koekrollers gevat in die egskeiding.

Reg vir die eier en krummels
Volgende smeer ek so randjie roomkaas om die broodjie ... moenie dit te dun maak nie. Die roomkaas gaan help om die rolletjie bymekaar te hou en sal ook keer dat die ander kaas sommer uitloop as jy die rolletjie braai.

Smeel nou jou mosterd op.

Strooi nou die gerasperd kaas op twee derdes van die broodjie. Moenie te naby die rant plaas nie en moenie dit te dik doen nie.

Dun ham repies
Laaste plaas jy nou die ham op die broodjie ... ok nie meer as twee derdes nie.

Die fotos wys hoe ek dit gedoen het.

Rol nou die broodjie op en let daarop dat jy nie vulsel uitstoot voor die rolletjie nie.

Varkvet in die pan
Kry jou pan nou lekker egalig warm op so medium hitte. Ek het varvet wat ek uitgebraai het met die kaiings makery gebruik maar jy kan 'n mengsel van olie en botter gebruik. Die botter help dat die rolletjie vinniger bruin braai.

Maak nou vir jou twee bakkies reg vir die eier doop en krummels. Dis makliker as die eiers en die krummels in bakkies is waarin die rolletjie mooi in kan pas. Ek het so bietjie speserye in die krummels ingemeng.

Doop stasie
As jy pan reg is begin met die dopery. Ek rol die rolletjie in die eier en dan deur die krummels. Plaas die rolletjie in die pan met die naat na onder sodat hy eerste bak.

Omtrent een manuut en dan kan jy hom draai. Ek het a bak met handoek papier in in my oond gesit op 70C en die rolletjies daar ingepak soos hulle uit die pan uit kom.

Dit is heerlik en saam met roer eiers of 'n ommelet het jy 'n lekker ontbyt.
Pasop vir te warm pan

Die rolletjies hou ook goed in die yskas en koud geëet word. Maak vir jou lekker sousie en dis nog beter. Ook lekker vir die kosblikke.

Hier het jy nou a basiese resep wat jy baie maklik kan aanpas om enigeiets te word. Sout, soet of spicy.

Voorgereg, hoofgereg of nagereg.
Reg om te gaan

Ek het dit met pampoen gemaak en in kaneelsuiker gerol op die einde. Heerlik selfs twee dae later.

Moenie bang wees nie ... gaan wyd en as dit nie lekker is nie dan weet jy tenminste wat jy volgende keer nie moet doen nie.

Heerlike Man Kos
Die belangrike ding is om die vulsel nie te dik te maak nie. As jy dit groter en dikker wil maak moet jy liewer kyk hoe ek die varkies gemaak het.

Vir my is dit 'n lekker vinnige manier om krakerige lekkerny te maak sonder om te stress oor die deeg.

Lekker kook tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook Bladsy ... Man Kos ... Like hom as jy wil.














Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.