
Wat ek doen is om 'n resep te vat en te maak en dan kom vertel ek die storie want ek weet dat elke resep het 'n storie en soms is mense onseker oor sekere stappe of metodes of skrik vir die baie bestandele en los dan die hele ding sommer uit.
Vir my is dit belangrik om my deel te doen om die lesers te inspireer om bietjie meer "effort" in die kos in te sit en dis lekker om te sien as iemand iets reggekry het. Dis vir my belangrik om ook fotos te plaas want die foto spreek gewoonlik meer as 'n duisend woorde. Ek gebruik ook baie die woord "gooi" en "ding" en nog so paar ander woorde wat die kos puriste voor mag frons maar watwou ... ek is maar net 'n gewone ou wat van lekker kos hou en nie regtig 'n puris nie.
So wat jy in my stories meeste van die tyd gaan sien is hoe om dinge te doen en nie mates en gewigte nie. Ek gee graag die basiese stappe en dan kan jy dit deel maak van jou kreatiewe avonture.
Ok terug by die yskastert. Daar is letterlik honderde resepte vir yskasterte/kaaskoeke en almal gebruik ,,,
1. Roomkaas
2. Kondensmelk
3. Suiker
4. Room
5. Ideal Melk
6. Orley Whip
7. Yogurt
8. Cremora
Vele kombinasies van die bogemelde en party word gebak en ander nie. Op die einde van die dag het elkeen sy eie sjarme en betowering of soms 'n hartseer uiteinde want die ding wou nie stol nie. Dan skep ons dit maar in 'n mooi glasie saam vrugte en sponskoek en bied dit aan as 'n koekstruif. Ons doen dit want die bestandele is aan die duur kant en ons wil mos nie dit sommer weggooi nie.
Nou hier is nou vir jou a basiese tert wat nie gebak word nie en ek het mooi gaan kyk na die ekonomiese kant van die saak. Die een is ook nie oormatig soet nie, iets wat soms 'n tert minder aantreklik kan maak vir sommiges. Mees belangrik ... hy stol verseker.
Jy gaan benodig:
1x 250 gr -> Roomkaas by kamer temperatuur.
1kg Youghurt. -> Hier kan jy regtig jou smaak laat geld. Pas net op vir die wat heel stukke vrugte in het want die storie moet ernstig geklits word en dan word die vrugte verpulp ... huh dis nou 'n groot word ... maar wat gebeur is die vrugte verdwyn en as daar baie van is, gaan dit jou yoghurt waterig maak. Ek hou van die grennadella een.
2x pakkies gewone jellie. -> Hier moet jy iets kies wat saam met jou yoghurt gaan werk. Dis nie 'n goeie plan om aarbei jellie saam met grenadella yoghurt te gebruik nie of rasberry saam met karamel yoghurt.
Dit is al wat jy nodig het vir die vulsel. Nou vir so bietjie meer geilheid kan jy nog 250 gr roomkaas insit en selfs a blikkie kondensmelk byvoeg. Die 2 pakkies jellie sal dit kan hanteer. As jy groter wil gaan sal jy die jellie moet meer maak anders gaan jy stol probleme optel.


Jy kan die koekies breek in 'n plastiek sak en dit met 'n koekroller fyn druk. Party mense druk dit met 'n platboom pan stukkend en ander druk dit tussen twee meng bakke. Menige maniere om dit te verkrummel. As jy dalk erg begeesterd is oor een of ander onsinnige ding wat 'n buurman aangevang het kan jy dit in 'n "bin bag" gooi en die vyand daarmee karnuffel ... maar net as jy 'n goeie prokureur is of een op "speed dial" het.

Jis daar gaan ek nou alweer wyd ... kom ons vat saam.

2. Gepaste bak of bakke
3. Roomkaas
4. Yoghurt
5. Jellie
Dis wat jy nodig het.



Sodra die jellie goed ingemeng is kan jy effens ontspan. Nou is die tyd waar jy verdere veranderings kan maak soos bv. gekapte glansvrugte of neute of nougat by te meng. Pasop net op vir vars of ingemaakte vrugte wat baie waterig is, want dit kan jou mensel se stol negatief beinvloed. Iets wat lekker kan wees is peppermint crisp splinters of chocolate chips. Doen die byvoeging met die hand en nie met die masjien nie.


Nou yskas toe. Verkieslik oornag.
Hier is so paar moontlikhede ...
1. Gebruik "Double Cream Greek Youghurt" vir 'n parmantige maar elegante vulsel. Ek persoonlik dink dat grenadella jellie baie lekker gaan smaak saam met dit maar jy kan suurlemoen, lemoen of lemmetjie ook gebruik.
2. Rasper sjokolade en versier die tert se bokant met dit.
3. As jy die Griekse yoghurt opsie gebruik saam met "Lime" jellie kan dit baie lekker wees as jy Maraschino kersies opsnipper en insit. Maak dit net droog op 'n paier handoek.

Ek hoop dat ek julle almal nou kon inspireer om die heerlike lekkerte op te tower.
Wees so vriendelik en "Follow" my hier en SHARE dit ook wyd en suid. Ons maak nie geld uit die goed uit nie maar dis baie lekker om te sien dat lesers die inhoud waardeer. O ja en +1 is ook belangrik.
Lekker eet tot ek weer 'n storie skryf.
Lees ook gerus my Briekmerke Blog.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.
Greetings
Colyn.