
Nou deesdae sien mens die gebakte/gebraaide stukke beesvleis op die televisie en die kokke laat dit lyk of die vleis van smaak gaan ontplof. My ma s'n was nie so nie, nee, hy was gekook en gestoom dat hy uitmekaarval en dan is hy gebaai in 'n dik diep ryk sous. As ek vandag daaraan terug dink dan is dit net die stukkies spek waarmee die vleis gestop was en die sous wat regtig smaak gehad het ... die vleis was poegaai gekook en net sulke drade anderse tekstuur.
Nouja, terwyl die heimwee my laas Sondag pak besluit ek dat ek gaan ook so Sondag ete maak maar verseker gaan ek die vleis die ster van die skouspel maak en nie die sous nie. Nou my ma is lankal nie meer met ons nie en ek mis haar byna elke dag as ek myself voor die potte bevind. Sy was 'n fynproewer en was nooit skaam om haar sê te sê nie. Maar boeta sy kon lekker kos waardeer en het altyd met oorgawe haar waardering uitgespreek. Jis ek wens sy kon my deedae sien kook.
My keuse is soet wortels, groenbone en aartappels om saam met die vleis te gaan ... redelik tradisioneel sou ek sê behalwe dat ek nie rys by sit nie. Ons het mos nou al uitgevind dat mens maar moet stadig met die stysel en een is sekerlik genoeg.

'n Goeie blerts olie en die gas op medium. Nou laat ek die pan alleen want ek wil hê hy moet stadig warm word en die hele pan moet warm wees, nie net die bodem nie. Elke kort kort skiet ek so paar druppels water in die olie in om te sien of daar al aksie is. Sodra die druppels val en rondskarrel en in stoom verdwyn weet ek die saak is reg. Nou sit ek die gas op volstoom en gooi so eetlepel van my geliefde braaimengsel speserye in die warm olie. Dis ietsie wat ek by 'n man geleer het wat vir jare vir homself moes sorg. Hy is nie beroemd of belangrik nie, net 'n ou wat sy geure en smake verstaan het. Hy het gesê hy "TEMPER" die olie so bietjie.
Sit jou oond solank op 170C sodat hy lekker warm word want die vleis is oppad.

Nou sit ek die vleis in 'n oondpan op a draadrak. Sorry man ek het vergeet om 'n foto van dit te neem. Gooi water, gekapte wortels, uie en seldery in die water en maak dit hele ding toe met foelie. So 40 minute. Dit hang natuurlik af van die gewig van jou vleis. Myne was so om en by een kilo.

Volgende is die wortels. Ek het sommer van die klaar gemaakte wortel balletjies by die winkel gekoop. Ons almal ken mos die lekker soet wortels wat ma en ouma gemaak het, nouja ek doen dieselfde. Maar ek gaan dit beter beskryf vir die jongeres wat dit nie ken nie. In 'n lekker potjie gooi die wortels en so halflyf water, hulle moenie versuip nie want op die einde wil jy die water wegkook voor die wortels pap is. Sodra die water begin kook dan gooi ek a knippie sout in, so twee tot drie eetlepels bruinsuiker en a eetlepel botter. Jy kan margerine gebruik maar nie as jy dit lekker wil laat smaak nie ... botter is die een met die smaak.

Hou die spulletjie dop en roer so af en toe. Spoedig is die water weggekook en begin die suikerstroop skuim. Dis nou amper reg ... sodra jy groot borrels begin sien is die wortels reg.
Die boontjies is volgende. Tradisioneel word dit mos gekook en gekook saam met aartappels en uie en eindig op in 'n boontjie bredie. Die moderne tyd het ons geleer boontjies is gaar binne 5 of 10 minute en dis ook 'n goeie plan om hulle groen kleur te bewaar.


Intusen laat ek die swart pan weer op hitte kom en ek gooi so paar lepels olie by. Ek vervars die speserye in die olie en sprinkel Robertsons se Spice for Rice op die aartapples. As die olie lekker warm is sit ek die aartapel skywe in.
Nou moet jy hulle maar laat braai en houding kry.


Die boontjies is nou gaar ... 10 minute in die sop. Skep dit nou uit want ons gaan nou verder gaan met daardie sop.
Onder in jou oondpan behoort daar nou nogal 'n lekker sousie te wees. Gooi dit in die uie sop pot maar moenie die wortels en uie en dinge bygooi nie. Laat die uie sop nou vinnige borrel, ek gooi so twee eetlepels room by. Jy wil dit lekker dik hê.

Nou staan ek so vir 'n oomblik en bewonder die skepping ... mens mag mos goed voel as jy iets reg gedoen het. Glo my die vleis lyk bevonk ... perfek pienk en sappig.

Wees so vriendelik en "Follow" my hier en SHARE dit ook wyd en suid. Ons maak nie geld uit die goed uit nie maar dis baie lekker om te sien jy kry baie lesers. O ja en +1 is ook belangrik.
Lekker eet tot ek weer 'n storie skryf.
Lees ook gerus my Briekmerke Blog.
Lekker man lekker!
AntwoordVee uitEk is bly jy het dit geniet Pieter.
Vee uit