Saterdag 28 Junie 2014

Yskastert - Peppermint Crisp Kaaskoek

So paar weke terug was nageregte op Kokkedoor aan die orde van die dag en die Peppermint Yskastert was onder die uitgesoektes.

Man Kos Peppermint Crisp Tert
Nou ek het mos reeds gesĂȘ dat niks van 'n gebakte kaaskoek hou nie. Gisteraand staan ek voor my kas en kyk na wat ek het ... ek was lus vir iets lekker maar ek soek dit ook nie te soet nie. Toe begin my kop werk, ek beter iets aanmekaar sit wat nie ure vat nie en wat ook nie 'n lang lys bestandele het nie. Meer belangrik, hy moet verseker stol.

Na so bietjie rondkrap en baie dink besluit ek ... Man Kos Pepermint Crisp Tert ... dis wat ek gaan maak.

Nou vir my is dit regtig belangrik dat as ek roomkaas gebruik moet dit regtig roomglad ingemeng word. Ek trek die Kenwood nader en sit die groot bal whisk in ... sommiges gaan nou frons maar dis ok, ek hou van wat die stuk gereedskap kan doen.

Man Kos Peppermint Crisp Kaaskoek

1 Pakkie 250gr Roomkaas by kamer temperatuur. Nie so belangrik as jy die Kenwood gebruik nie want hy sal dit sag kry.
1 Blikkie Caramel Treat (Moenie die blikkie weggooi nie)
1 Blikkie Double Cream Greek Yoghurt
1 Pakkie Tennis Beskuitjies (Jy kan enige krummelkors maak - ek was lui)
1 Pakkie Moirs Heritage Range Peppermint Crisp Tart Flavour of Vanilla Flavour
1 Blok Peppermint Crisp (Sit in vrieskas want dan breek dit makliker op)

My glasbak het 9 koekies gevat, 3 in 'n ry.

Instant Pudding
Eerste gooi ek die roomkaas en Caramel Treat in die mengbak en laat die Kenwood loop op Spoed 1 vir so 5 minute. Nou stop ek die masjien en krap die mengsel mooi los van die kante af en uit die whisk uit en roer dit in die mengbak met a groot lepel. Terug in die masjien op Spoed 1 vir nog 3 minute. Nou is die roomkaas en caramel lekker glad en sag.

Pak solank jou kors in die bak.

Peppermint Crisp tert in die bak
Volgende gooi ek die Caramel blikkie vol met die Yogurt en gooi dit by die roomkaas mengsel. Weer laat ek die masjien loop vir 5 minute op die stadige spoed en stop. Krap weer die mengsel goed op 'n hoop met my lepel en laat die masjien weer loop vir 3 minute.

Nou het ek 'n lekker gladde mengsel van roomkaas, caramel en yogurt.

Nou gooi ek die pakkie Moirs Instant Pudding by en whisk op medium spoed net vir 2 minute.

Skep dit op die kors en maak mooi gelyk.

Nou verbrokkel ek die Peppermint Crisp en strooi bo-op die tert. Ek gebruik die agterkant van 'n lepel om dit so bietjie in die vulsel in te druk want die vulsel stol baie vinnig.

In die yskas vir sowat een uur en dan kan jy wegval. Die tert is lekker en die yogurt keer dat dit te soet is.

Lekker kook tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook bladsy ... Man Kos ... Like hom stukkend as jy wil.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.