Donderdag 09 November 2017

Menu - Rumpsteak vir vier

Hierdie dis is saamgestel om 'n lekker kuier aandjie by die tafel te geniet. Geen gespook en spartel met die menu nie want die dis is alles bymekaar.

1.2kg Rumpsteak
Voorgereg, hoofgereg en nagereg. Jy bestel net Rumpsteak vir vier en ons bring die geregte tafel toe. Elke gereg sluit ook 4 glase wyn, rooi of wit of vier biere in ... so dis jou keuse, wyn of bier of gemeng.

Crostinni
Hierdie gereg is baie aards en geen fieterjasies nie. Dis 'n gereg wat jy bestel vir vier mense as jy nou betaamlik is ... maar een of twee groot vleisvreters kan hom kaf draf. So dit hang af van wie jy by jou tafel gaan onthaal ... as dit fyn besnaardes is dan is die reg vir 4 mense maar as dit nou net jy en jou groot maat is, wel dan gaan julle knuppeldik opstaan.

Jy gaan begin met die met die crostinni en 'n doopsousie. Net die regte ding om die geselskap aan die loop te kry en die smaakpapille op te wakker.

Krummelpap en sous
Dan kom die hoof maal ... regte krummelpap met 'n lekker ryk sous ... ons gaan vir jou 'n lepel gee vir die as jy wil lekker eet. Die plank met die rumpsteak is natuurlik die ster van die tafel. Om en by 1.2kg Rumpsteak ... vlamgebraai en in repies gesny. Daar sal vanselfsprekend meer gaar dele wees maar die lyf gaan nie sommer by medium-rare verby nie ... jy kan dit nie aan so edel stuk vleis doen nie. As jy van jou vleis goed gaar hou dan moet jy nie die rumpsteak bestel nie. Die dis is spesifiek gemik op die groot vleisvreters.

Vanilla Roomys, Suurlemoenkonfyt en koek
Elkeen help hom maar self met soveel repies as wat jy wil hĂȘ en dis 'n goeie plan om maar eerder versigtig te vat want die vleis is groot ... jy wil nie opeindig met a paar repe op jou bord en maag trommeldik en een van jou vriende sit nog hongerig en rondkyk nie.

Ons sluit af met 'n eenvoudige maar baie lekker nagereggie ... vanilla roomys met 'n wakker suurlemoen konfytjie by en 'n stukkie geurige sponskoek. Jy het 'n jeuse van koffie of muskadel om jou keel mee nat te maak.

So, vir 'n aandjie wat jou gaan laat ontspan en sommer tuis laat voel ... gaan vir die Rumpsteak vir vier.


Geniet hom ... hy is gemaak van net die beste. Hierdie is nou ManKos waarvan vrouens ook hou.

Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook Bladsy ... Man Kos ... like hom as jy wil.