ManKos BakDit - Uitdagings aan jouself

In die ManKos WhatsApp Groepie het ons gesels oor dinge wat ons nog graag sou wou bak. Dit was die oorsprong van die ManKos BakDit Uitdagings.

Hier is die lysie en hy sal vir seker van tyd tot tyd aangepas word.

1. Jodetert - Dit hoef nie 'n tradisionele een te wees nie en al wat belangrik is, is dat die koek bestaan uit die dun lagies beskuitjies. Die vulsel is jou keuse.

(Hier is my storie oor die JODETERT ... lees dit gerus.)

2. Melktert - As jy wil kan jy jou eie deeg maak. Wat hier belangrik is, is dat die Melktert lyk soos 'n Tradisionele Melktert.

3. Pavlova - Weereens is die binnekant nie voorgeskryf nie. Die buitekant moet egter die bekende ding wees.

4. Macarons - Grootte, smaak en geure is vrye keuse. Maar dit moet twee wees wat aanmekaargeplak is met 'n vulsel.

5. Eclairs - Die eintlike uitdaging hier is om die Choux of Soese te doen.

(Hier is my storie oor SOESE ... lees dit gerus.)

6. Wessels se Elvis Koek

7. Liana se Aarbei en Suurlemoen Koek

8. Angelfood Koek

9. Souffle

10. Baklava

11. Chiffon Koek


Hierdie is nie 'n kompetisie nie ... dis bloot 'n klomp uitdagings aan jouself.

PS ... Neem deel en gee nog voorstelle vir die lys.

Mankos se Faceboek Bladsy ... KLIEK ... PM my as jy wil deelneem.

<<<<< ----- >>>>>

Colyn:


Jodetert - Loslit Flerrie

Mari-Louise se Jodetert
Melktert

Theresa de Vries se  Spog Melktert

Liana Barnard:


Jodetert - Statige Dame

Tradisionele Jodetert
Liana Melktert

Liana Melktert

Liana Pavlova

Liana Pavlova

Chris van Heerden:


Chris Melktert









Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.