Donderdag 12 Mei 2016

Kombuis - Sakkies met houding

Uie Sakkie
Ek glo dat baie van ons kokers dieselfde siekte het as wat vissermanne het ... die gadgets ... 80% van die kuns ase in die rakke by die winkel vang meer hengelaars as vis ... so ook gaan dit met die goetertjies by die kookwinkels. Die ding lyk absoluut onmisbaar en jy kannie dink hoe jy so lank sonder dit oor die weg gekom het nie en jy koop ... met bewende vingers maak dit oop by die huis en jy gaan in Masterchef Mode in ... en dan maande later as jou goetertjies laai so vol is jy kannie meer jou teesif opspoor nie dan begin jy uitpak en daar lĂȘ 'n klomp goed op die tafel wat jou laat wonder of jy op dwelms was toe jy dit gekoop het.
Mooi paartjie
Maar so nou en dan ... dan loop ek 'n ding raak wat my eers baie laat wonder maar uiteindelik swig ek maar voor die versoeking en koop die ding. En dan kom jy by die huis en die nuwe dingetjie kruip diep onder jou vel in.

Nou ja ... onlangs bestel ek weer 'n klompie goed by 'n aanlyn winkel en sien hierdie goiingsak sakkies vir aartappels en uie. Ek lees die beskrywing en dit maak dadelik sin vir my. Die sakkies het 'n voering wat dit donker hou binne in die sak en ek dink terug aan my ouma se groente stoortjie op die plaas. Klein geboutjie onder die appelboom en hy was pikdonker ... ja pik donker. En dis hier waar die aartappels, uie en nog baie ander groentes gestoor was vir die af seisoen. Deesdae gooi ons mos alles in die yskas sonder om te onthou dat ons voorsate het nie yskaste gehad nie en hulle het ook produkte vir a lang tyd gestoor.

Die sakkies kom hier op die plaas aan en die oomblik toe ek die plastiek omhulsel breek, toe kry ek daai bekende reuk van goiingsak. Reuk is mos maar die grootste ding wat ons terug laat dink aan tye wat verby is. Ek raak sommer nostalgies en dop die plastiek sakkie aartappels om in die nuwe sakkie in. Trek die wurgtou styf en daar staan hy ... mooi regop en die aartappels snoesig en veilig in die donker. So het my ouma se sakkies aartappels en uie vir maande in haar groente stoortjie gestaan sonder om sleg te word en sonder om uit te loop.

Hierdie was nou 'n goeie kopie en dit lyk ook sommer spoggerig in my kombuis. Die sakkies is baie mooi en netjies gemaak ... bietjie duur maar nouja ... dis mos 'n Goeterjie en Goetertjies is mos nooit te duur nie.



Die sakkies is beskikbaar by Yuppiechef ... Aartappels  en Uie


Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.

Hier is my Facebook Bladsy ... Man Kos ... like hom as jy wil.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking

Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.

Greetings
Colyn.