Jellie rolletjies |
Dis maklik en vinnig maar dit lyk sommer lekker en is pret.
Jy benodig ...
Min bestandele |
1/2 koppie water
9 groot Marshmellows
200mm x 200mm glasbak.
Dis belangrik dat die bak die regte grootte is want anders is die lagies te dik of te dun.
Spuit die glasbak liggies met jou koekie sproei en vee die bak dan mooi uit met kombuispapier. Jy soek 'n baie dun lagie sproei in die bak.
Jellie is opgelos |
Sit nou in die mikrogolf oond vir 60 sekondes en klits weer. Maak seker al die jellie is goed opgelos.
Voeg marshmellows by jellie |
Gooi dit by die jellie en roer.
Marshmellows is opgelos |
Reg vir die yskas |
Sny los en begin rol |
Maak een kant versigtig los en en begin die rolletjie.
Onthou om versigtig te wees, die marshmellow klou dadelik vas as dit aanmekaar raak.
Reg om gesny te word |
Ek het myne met dental floss gesny. Jy kan garing of vislyn gebruik. Ek trek die toutjie onder die rol in, en sny so 20mm dik skywe. Met die lyn onder die rol, bring die twee punte op en gaan oorkruis. Trek nou styf. Die lus sal deur die rolletjie sny.
Jellie en marshmallow rolletjie |
Jy kan die rolletjies in jou koekstruif gebruik vir bietjie styl.
Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.
Hier is my Facebook bladsy ... Man Kos ... Like hom as jy wil.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.
Greetings
Colyn.