Niks so lekker saam met pap soos kaiings nie. |
So kom dit dan dat ek Woensdag dorptoe gaan en 'n draai maak by die nuwe Eskort Vleiswinkel in Riverside ... daar waar Fruit en Veg was.
Natuurlik is ek van mening dat hier darem a goeie klompie vark snitte sal wees ... maar my oë rek ... hier is baie meer as net varksnitte. Soos mens kan verwag is daar a menigte van die bekende en ook onbekende ESKORT produkte.
Kyk daardie prys ! |
Ek maak kaiings hoofsaaklik om die skoonvet te kry want ek gebruik dit baie plekke in my kokery in plaas van botter, margerine of kookolie.
So hier het jy dus die geleentheid om kaiings te maak teen 'n baie bekostigbare prys. Ek gaan nou nie weer die hele proses beskryf nie want dis volledig gedoen HIER ...
Hier volg 'n reeks fotos wat die proses wys.
Jy het 'n lekker skerp mes nodig. |
Sny alles mooi in blokkies |
Ek gooi braai speserye op. |
Nou is dit tyd om die vlam kleiner te maak. |
Heerlike kaiings. |
Lekker skoon varkvet. |
Nou sal ek baie meer gereeld kaiings maak.
Kook lekker tot ek weer 'n storie skryf.
Hier is my Facebook Bladsy ... Man Kos ... like hom as jy wil.
Geen opmerkings nie:
Plaas 'n opmerking
Thank you for your comment. The comments on this blog are moderated and yours should appear soon.
Greetings
Colyn.